Home is where my story began.
Ek kom ook nou agter my afrikaans is so bietjie vrotter as wat ek gedink het dit is. Kom van heeltyd engels praat.
Met speckled eggs wat ek gewoonlik geëet het as comfort food in stresvolle eksamens en droppies wat ek net verbind aan 'n liefdevolle ouma wat ek vir altyd bierbaar sal wees voor en tee wat my ma vir my gegee het van baba tyd af as ek siek was, hartseer of net om 'n koppie tee saam te geniet kan ek sê my dag was gemaak. En koekies om my besig te hou as ek die dag te veel dink aan huiskos.
Ek het ook 'n bottle mayonaise en Chutney gekry. My vriendinne wat my ken weet al elke bord kos kort chutney. Dis maar net een van daai dinge. Dis net te flippen lekker. En dan die Chicken spice... hoe kan mens sonder dit gaan. Dis die beste ontdekking in die mens se geskiendenis van speserye.
My moeder het ook vir my 'n baie mooi christelike boek ingepak wat ek begin lees het om my steunpilaar in my lewe terug te kry. Ek dink dis belangrik om te weet waar jou wortels le en om dit by die regte plek te hou. Maar
Dan supplies... Korea het wel Tampons maar dit het sy verskyning eers twee jaar terug gemaak wat beteken dat die verskydend minimaal is. Ek neem aan dit het te doen met die konserwatiwiteit van die Koreane en die stiegma wat daarmee gepaart gaan. Enige vrou sal vir jou kan sê dat hulle wel dit waaraan hulle gewoont is verkies in daai sektor.
Elkgeval dis awesome om tenminste net 'n paar van jou vorige lewe se daaglikse produkte in jou kas te he.
Dankie Mamma en Ouma
No comments:
Post a Comment
Let me know what you think